Aanbidding
Doxa
Deo beskou aanbidding as meer as net ‘n ingesteldheid – dit is
‘n gesindheid wat tot uitdrukking kom in die manier waarop ons
reageer op God se werking in ons daaglikse lewe. Wanneer ons as
aanbidders saamkom geniet ons dit om Hom met ons totale wese te
vereer – gees, siel en liggaam.
In
Doxa Deo sing ons Bybelse woordeskat wat getoonset word (Psalms).
Lofliedere, (hymns), asook danksegging, gebed en belydenisse,
wat gebore is uit mense se daaglikse ervarings, in eenvoudige,
verstaanbare gebruikstaal. Die Vader en Christus die Seun word
dus aanbid met die woordeskat wat die Heilige Gees ons gee (geestelike
liedere).
Ons
gebruik ons liggame om uitdrukking te gee aan dit wat ons in ons
binneste beleef – wanneer ons Hom met sang, jubeling en handeklap,
dans vereer, terwyl ons dikwels in eerbied ook buig en kniel voor
Hom. Met elke vaardigheid en al die kreatiwiteit wat ons ontvang
het, wil ons al ons liefde vir Hom en ons waardering vir Sy werk
weergee.
Aanbidding
is in die hart van ons skeppingsdoel - “…the chief end of man
is to worship God by enjoying Him forever…” - ware vreugde is
onvolledig totdat dit uitdrukking vind in Hom! |