tshwane cape town pe durban london

Tuisblad
Engels


Ons Droom
Ons Passies
Ons Waardes
Feesdienste
Aanbidding
Wat ons glo
Kleingroepe
Word 'n vennoot
Kontak ons

ALAN PLATT  

SENIOR PASTOR & VISIONêRE LEIER: DOXA DEO

Alan Platt funksioneer as ‘n transformasie agent beide in individuele lewens, kerke in die omgewing sowel as strukture van die samelewing. Hy is sedert 1983 in die voltydse bediening en dien die kerk op verskeie vlakke. Hy het ‘n onbetwisbare apostoliese roeping op sy lewe. Onder sy leiding as senior pastor van Doxa Deo het ‘n sterk stadsbereikingsmodel tot stand gekom. Hierdie plaaslike gemeente met ses verskillende kampusse in Tswane en nou ook gemeentes in Kaapstad, Port Elizabeth en Durban in Suid-Afrika, asook in London, Engeland. Hierdie gemeentes funksioneer met spesialis bedieninge en beïvloed waardevormers van die samelewing met aksies in die Kunste, Ekonomie, Sosiale Opheffing, Opvoedkunde, Regering, Media en Sport. Die gemeente het 11 jaar gelede begin en beïnvloed vandag die lewens van meer as 8000 mense op ‘n weeklikse basis.

Alan het deur sy primêre gawes van leierskap en lering nie net ‘n dinamiese span in sy eie gemeente opgerig nie, maar hy beïnvloed ook ‘n wye spektrum van denominasies en kerk netwerke in Suid-Afrika en ook Internasionaal. Heelparty kerke in Suid-Afrika het hulleself reeds met die Doxa Deo strategie en uitgangspunte verbind, deur in verhouding met Doxa Deo te staan.

Alan is ook reeds na verskeie konferensies reg oor die wêreld genooi om te bedien en om oor leierskap in die kerk te praat. Hy word kragtig deur God gebruik om die plaaslike liggaam te daag om as kerk meer effektief betrokke by die gemeenskap te raak. Sy vermoë om net so gemaklik met ‘n klein groepe leiers as met ‘n groot gehoor te praat, maak hom ‘n gewilde en gesogte spreker reg oor die wêreld. Deur die apostoliese roeping op sy lewe is hy al deur God gebruik om die kerk strategies in lyn te roep en veral om gemeentes te fasiliteer om in die volgende vlak van effektiwiteit in te beweeg.

Sy invloed strek wyer as die kerk na die beïnvloeding van die besigheidswêreld en die gemeenskap.

Alan is getroud met Leana en hulle het 2 kinders, Duncan (17) en Amy (15).







 
 
Kinders Tieners Studente Jong Volwassenes Kleingroep Sakelui
Manne Vroue Enkellopendes Seniors Versorging Opleiding

DoxaDeo.co.za © 2006