ENKELLOPENDESBEDIENING
Bedien
in selgroepe regoor die stad. Ons reël sosiale geleenthede soos
stap, pieknieks en fliek. Daar word ook kampe en praatjies vir enkellopendes
aangebied.
Die
benadering en eindresultaat van ‘n krisis word bepaal deur wat ons daarvan
maak - leef voluit. Maar tog word elkeen van ons een of ander tyd blootgestel
aan ‘n mislukte verhouding, huwelik of verlowing, of die dood. Wat gebeur
wanneer jy so ‘n teleurstelling in die gesig staar en dit voel of die
wêreld
by jou verbygaan?
Dit
is hier waar Hersteldinamika jou kan help om stap vir stap gesond te
word, strek oor ‘n tydperk van 9 weke . Baie het al die kursus gevolg
en belangrikste van alles is die eindresultaat ... gesonde nuwe jy!
Sukses
word nie alleen bepaal deur die vermoë om aan te hou nie, maar
ook deur die gewilligheid om weer van voor af te begin.
|