tshwane cape town pe durban london

Tuisblad
Engels


Ons Droom
Ons Passies
Ons Waardes
Feesdienste
Aanbidding
Wat ons glo
Kleingroepe
Word 'n vennoot
Kontak ons


Die Passies van Doxa Deo

'n PASSIE VIR GOD & INTEGRITEIT

‘n Passie vir God vind uitdrukking in ‘n lewe van integriteit

Die begeerte om gehoorsaam aan Sy opdragte deur:

• erkenning aan die heerskappy van Christus,
• gereelde bywoning van byeenkomste as deel van die liggaam van Christus,
• gereelde ontmoeting met God in aanbidding,
• die kweek van ‘n standhoudende toewydingslewe – deur gebed en ontvanklikheid vir Sy Woord,
• gehoorsaamheid aan die opdrag van die doop van gelowiges, en
• om konstant vol te wees van die Heilige Gees.

Die uitleef van ‘n Christenskap wat deursigtig en opreg is, deur:

• ontsag vir die heiligheid van God en ‘n weersin in sonde,
• konstante geestelike groei en karakterontwikkeling,
• Die begeerte om die vrug van die Heilige Gees te openbaar,
• ‘n verbintenis tot heiligheid, verantwoordelikheid en deursigtigheid in verhoudings,
• begrip en aanvaarding van roeping en persoonlike gawes, en
• ‘n verbintenis tot die geestelike dissiplines as ‘n lewenswyse.

'n PASSIE VIR MENSE & DIENSWERK

’n Passie vir mense vind uitdrukking in ‘n lewe van diensbaarheid

Die uitleef van die gesindheid van Christus deur:






• die neerlê van persoonlike regte om te dien waar daar behoeftes mag wees,
• vrygewigheid t.o.v die gee van tyd, energie, talente en besittings,
• aktiewe betrokkenheid in gawe gebaseerde bediening,
• die begeerte om die Heilige Gees gawes aktief te sien in bediening,
• die bevordering van eenheid, versoening en kruis-kulturele betrokkenheid, en
aktiewe betrokkenheid by die skep van verligting aan die armes en behoeftiges.

Aktiewe betrokkenheid in die lewens van mense deur:

• ‘n begeerte om toe te sien dat mense die krag van die Evangelie ontdek wat tot redding lei,
• aktiewe verbintenis tot mense se genesing, herstel en dissipelering,
• om in vegifnis te lewe in alle verhoudings,
• om vry te leef van vooroordele t.o.v ras en geslag,
• om alle mense met waardigheid, deernis en respek en as gelykes te behandel, en
• verbintenis tot mentorskapsverhoudinge - beide as vader (Paulus vir Timmotheus), as vriend (Barnabas vir Paulus) en as volgeling (Timotheus vir Paulus).

'n PASSIE VIR STEDE EN DIE NASIES

’n Passie vir die Koninkryk vind uitdrukking in toewyding tot stadstransformasie

Gehoorsaamhied aan ’n God-gegewe roeping tot die visie deur:

• ‘n persoonlike verbintenis tot die visie van die transformasie van stede,
• oorgawe aan die vestiging van Christus se heerskappy in elke faset van die samelewing,
• aktiewe betrokkenheid by gebed – intersessie en ‘geestelike oorlogvoering’ – ter wille van stede,
• aktiewe stappe om die samelewing positief te beïnvloed met Koninkryksbeginsels,
• die opneem van die ‘priesterlike’ verantwoordelikheid om stede te bewaak en te seën, en
• samewerking met ander lewegewende instansies en kerke in stadswye Koninkryksinisiatiewe.

Oorgawe aan die proses om toe te sien dat die kennis v d heerlikheid van God die hele aarde vul deur:

• die opneem van die koninkryksmandaat om die gemeenskap volgens God se orde in te rig,
• verbind gerus tot die visie om internasionaal stede en lande aan te raak,
• toewyding aan pionierswerk t.o.v kerkplanting, kerkgroei en ‘impak bediening’,
• die ondersteuning van spesifieke ‘sending’ projekte,
• ‘n gewilligheid om vrygewig by te dra tot sending aktiwiteit, en
•‘sendelinge’ te stuur, ondersteun en versorg in gehoorsaamheid aan die Groot Opdrag (Matt 28:19).

 
Kinders Tieners Studente Jong Volwassenes Kleingroep Sakelui
Manne Vroue Enkellopendes Seniors Versorging Opleiding

DoxaDeo.co.za © 2006