tshwane cape town pe durban london

Tuisblad
Engels


Ons Droom
Ons Passies
Ons Waardes
Feesdienste
Aanbidding

Kleingroepe
Word 'n vennoot
Kontak ons

Doxa Deo Waardes

Leierskapswaardes






Koninkryksfokus:

Nie net ‘n fokus op kerkhou nie, maar om die heerskappy van Christus in elke area van die samelewing te vestig.

Synergie:

Die voortdurende soeke na geleenthede om interne en eksterne vennotskappe met ander te bewerkstellig om sodoende maksimum effektiwiteit te bereik.

Spanwerk:

Waardering en respek vir die gawes van ander om sodoende hulle kapasiteit te sinchroniseer om meer effektief saam te werk.

Egtheid:

Lewe sonder voorgee, tradisie of valsheid op geloofwaardige en egte manier.

Reprodusering:

Fokus op die waarde van die gawes van elke individu, asook die ontwikkeling van ‘n volgende generasie.

Groei:

‘n Konstante begeerte om te strewe na groei en ontwikkeling in elkeen se eie persoon, karakter en bekwaamhede.

Uitnemendheid:

Om alles te doen op so ‘n wyse dat dit die heerlikheid van God proklameer, en mense inspireer.

Bedieningswaardes

WAARDES

PASSIE
FOKUS KULTUUR
Verheerlik God

Aanbidding

Gebed

Viering

Ekspressief

Deelnemend

Opbouend

Groei (Volwassenheid) Integriteit

Proklamering

Toerus

Afrigting

Genade

Absolutes

Kreatiwiteit

Insamel (Verhouding) Mense

Uitreik & omgee

Kleingroepe

Gesinslewe

Orientasie tov behoefte

Spontane Assosiasie

Kleiner groepe

Gee (Vrygewigheid) Dienswerk

Deel van bronne

Bediening na armes

Heerskappy van Christus Oorvloed mentaliteit

Bestuurswaardes


Die fundamentele grondslag vir die Doxa Deo Bestuurswaardes word gebaseer op Goddelike liefde soos weerspieël in die Woord van God en wat bestaan uit die volgende drie aspekte :
• Geregtigheid soos weerspieël deur ‘n lewe van barmhartigheid.
• Waarheid soos weerspieël in geloofwaardigheid en getrouheid.
• Genade soos weerspieël in die passie vir en aanvaarding van mense.

Primêre Bestuurswaardes:
4.3.1 Goddelike Wysheid

Die weerspieëling van die wysheid van God en nie die wysheid van ‘n mens nie deur lewens van:
- afhanklikheid van die Here, en
- gehoorsaamheid aan Sy Woord en die leiding van die Heilige Gees.

4.3.2 Diensbaarheid
Die weerspieëling van die karakter van Jesus Christus deur toewyding aan ‘n lewe van diensbaarheid aan mense deur:

• bemagtiging van ander,
• bereidwilligheid om “die ekstra myl te loop”, en
• ondersteuning aan, en erkenning van almal om te wees dit waarvoor hulle geroep is.

4.3.3 Rentmeesterskap
Die weerspieëling van die beginsels van rentmeesterskap soos uiteengesit in die Woord van die Here deur die volgende :

• Proaktiewe beplanning (geen betrokkenheid in enige pogings / aktiwiteite sonder om die gevolge daarvan te bereken nie).
• Verantwoordbaarheid aan die leierskap.
• Kwaliteit.As dit die moeite werd is om te doen moet dit uitstekend gedoen word.
• Monitering / meetbaarheid (alles wat gemeet word, word gedoen).
• Ko-ordinering van menslike, finansiele, fisiese en inligtingsbronne.
• Probleemoplossing deur die indentifisering van kernoorsake en die implementering van innoverende oplossings.
• Duidelike kommunikasie aan alle aandeelhouers ten alle tye.

4.3.4 Integriteit
Die weerspieëling van integriteit in die konteks van geloofwaardige verhoudings deur:

• deursigtigheid,
• opregtheid,
• konsekwentheid,
• stabiliteit,
• billikheid,
• geregtigheid, en
• regverdigheid.

4.3.5 Funksionaliteit

• Genoegsaam gestruktureer om stabiliteit te verseker, maar buigsaam genoeg om die maksimum resultate te verkry.
• Die afskaffing van alles wat nie suksesvol afgehandel word nie (as iets nie werk nie, word dit gestaak).
• Sinvolle beredenering van alle sake voordat dit aangepak word.

 
Kinders Tieners Studente Jong Volwassenes Kleingroep Sakelui
Manne Vroue Enkellopendes Seniors Versorging Opleiding

DoxaDeo.co.za © 2006