SENIORSBEDIENING
In
ons bediening aan die seniors, al ons afgetrede vennote in die kampusse,
55 jaar en ouer, poog ons om na hul fisiese en geestelike welstand om
te sien..
Ons
reël geleenthede vir seniors om sosiaal te verkeer soos bv. Lentetee
en uitstappies waar daar heerlik gekuier word en interessante dinge
beleef word. Ons reël ook bedieningsgeleentede waar gassprekers
optree en die seniors bedien. Dis is elke keer ’n vreugde om die lewenslus
en positiewe uitkyk te beleef. Daar is ook verskeie senior kleingroepe
in ons stad. Om 'n senior te wees beteken nie om te gaan sit en te wag
vir die einde nie, hulle is steeds van ons getroue en lojale steunpilare.
Ons
seniors geniet steeds hulle lewens en haal die mooi uit die lewe! |