TIENERBEDIENING
Dit
is asemrowend om te sien hoe tieners vir mekaar begin omgee.
By
die tienerbediening glo ons dat elke tiener gawes het wat aangewend
kan word om God se Koninkryk te bevorder en `n impak te maak in die
lewens van hulle vriende. Ons passie om tieners te help om hierdie gawes
te help ontdek en geleenthede te skep waar hulle dit kan gebruik. Ons
skep ook gereeld geleenthede waar hulle hulle vriende kan bedien en
selfs kan begelei tot bekering. Daar is min dinge in hierdie lewe so
mooi om te aanskou as tieners wat vir mekaar bid, en ons is so bevoorreg
om dit op `n gereelde basis te beleef.
Ons
het ook kleingroepe wat aan die loop is in die stad. Ons glo dat dit
in die konteks is van 'n kleingroep dat 'n mens werklik kan beleef
wat 'kerk' beteken.
|