tshwane cape town pe durban london

Tuisblad
Engels


Ons Droom
Ons Passies
Ons Waardes
Feesdienste
Aanbidding
Wat ons glo
Kleingroepe
Word 'n vennoot
Kontak ons

Vennootskap

HOEKOM VENNOOTSKAP?

Die woord “lidmaat” het ‘n bepaalde historiese agtergrond wat nie altyd die hart van lidmaatskap vasvat nie en dus het Doxa Deo gaan soek na ‘n meer relevante begrip. Die Bybel gebruik baie idiome wanneer daar na die gemeente verwys word soos onder ‘n liggaam, ‘n gebou of ‘n familie.

Die kernbeginse in elkeen van hierdie is dat deelname aan die gemeente, totale betrokkenheid impliseer. 'n Mens kan nie deel vorm van ‘n liggaam (soos ‘n vinger aan ‘n hand) en tog geïsoleerd van die liggaam funksioneer nie. ‘n Hedendaagse begrip, wat hierdie totale betrokkenheid impliseer is die begrip “Vennootskap (Partnership)”.

Vennootskap sê dat jy nie net belang by die Kerk het nie, maar betrokke is en erken dat jy ‘n bydrae het om tot die kerk te lewer. Ons verwys dus na lidmaatskap as Vennootskap. God het gekies om hierdie wêreld te verander deur Sy Kerk. Dit is duidelik dat God nie ‘n Plan B het nie. Om hierdie rede is vennootskap met die Kerk so belangrik: God werk nie met een van ons geïsoleerd nie. Handelinge 2:47 sê God het tot die gemeente bygevoeg. Hierdie woord “bygevoeg” beteken letterlik “to set you in place to your advantage”. Doxa Deo, as een van die uitdrukkings van God se Kerk begeer om met mense in vennootskap te tree.

HOE OM 'N DOXA DEO VENNOOT TE WORD?

Om deel te word van Doxa Deo is dit noodsaaklik om ‘n "Nuwe Vennote Ontvangsprogram" by te woon. Tydens hierdie geleenthede, word mense ingelig, omtrent Doxa Deo en die geleentheid gebied om al die plaaslike leiers te ontmoet.

KONTAK ONS

Indien jy belangstel om meer uit te vind oor vennootskap by Doxa Deo kontak gerus die naaste kampus.






Tswhane
Tel
E-Pos
012 362 1396
012 991 3883
012 548 3744
082 775 2217
012 322 9696
012 253 1366
Kaapstad
021 9871275
Port Elizabeth
041 586 3746
041 360 8941
Middestad Kampus
041 586 3746
Durban
031 701 7807/8

Londen

+44(0)845 257 9601
Bloemfontein
   
051 522 4197
     
 
Kinders Tieners Studente Jong Volwassenes Kleingroep Sakelui
Manne Vroue Enkellopendes Seniors Versorging Opleiding

DoxaDeo.co.za © 2006