VERSORGING
Om
seker te maak dat daar altyd ‘n pastoor is wat beskikbaar is in ‘n krisissituasie
word daar weekliks, in INKONTAK die telfoonnommer van die PASTOR AAN
DIENS, gepubliseer. Indien persone in die hospitaal opgeneem word is
daar ‘n HOSPITAALSPAN, wat besoek by die hospitaal gaan aflê.
Die betrokke kampus kan geskakel word.
Vir
persone wat geestelike begeleiding benodig, is daar verskeie opsies.
Kontak gerus die bedieningskantoor vir navrae. |