'n hoeksteen VERWERKING van 1 Kronieke 29

 

 

Toe het Alan Platt, die visioenêre leier, Doxa Deo toegespreek en gesê, “Hierdie bediening is deur die Here gekies en uitgesonder, maar Doxa Deo is jonk en die werk is groot – hierdie gaan nie slegs ‘n plek wees vir mense om mekaar te ontmoet nie, maar ’n huis vir die Here om met ons te ontmoet.

 

Die leierskapspan het alle moontlike pogings aangewend om alles bymekaar te maak om hierdie huis vir ons God te bou, al die lewende stene wat nodig is: volwassenes en kinders, senior burgers en tieners, manne en vroue, seuns en dogters, die rykes en die bekendes, die gewone mense van ons stad, talentvolle en geroepe mense.

 

Omdat hulle harte in hierdie saak is het die pastorale span van Doxa Deo onlangs, bo en behalwe wat hulle bymekaargemaak het, ‘n aansienlike persentasie van hulle eie inkomste geoffer aan die Here vir die bou van hierdie plek van aanbidding:

 

R1,1 miljoen – hulle beste offer gebring- hulle het vrylik en gewilliglik met blydskap gegee in antwoord op die roepstem van die Here om sodoende voorsiening te maak vir dit wat nodig is om die nuwe en verbeterde fasiliteite vir die Here in Tshwane op te rig.

 

En nou, wat van jou? Wie onder julle die geroepe vennote van Doxa Deo, is gereed en gewillig om in te skakel by hierdie daad van vrywillige skenkings?”

 

Gereed en gewillig het die hoofde van gesinne saam met hulle vroue en kinders, bedieningsleiers en lede van selgroepe, musikante en voorsangers, forum- en raadslede …almal het vorentoe getree en vrylik begin gee.

 

Finansiele bydraes (groot en klein) is gegee terwyl mense ook tyd en hulp aangebied het by wyse van hulle kennis en kundigheid; ander het hulle addisionele wonings en motorvoertuie, salarisverhogings en spesiale bonusse, oorhandig aan die Hoeksteen Finansiele Fonds vir die bou van die tempel van die Here onder toesig van Gerhard van Greunen en sy bekwame en toegewyde span finansiele rekenmeesters – en, belangrikste van alles..almal het saamgestem om gedurig te bid vir hierdie projek.

 

En al die Doxa Deo vennote is vervul met ‘n gees van feesviering – al die skenkings…gewilliglik en vrylik!! Die oorstelpte leierskap het die Here geloof en geprys ten aanskoue van die hele gemeente, en gesê:

 

“Geseënd is U Here, ons God en Koning vir ewig en ewig, ons bid dat U Gees hierdie gesindheid van vrygewigheid lewend sal hou in ons mense vir altyd en dat hulle harte en gedagtes gerig en gefokus sal bly op die Hoeksteen – JESUS CHRISTUS.”


“Maar nou, let op wat van vandag af en verder sal gebeur, van die dag waarop die fondamente van die tempel van die Here gelê is.
Let op! …….. maar van nou af sal Ek voorspoed gee!”

Hag 2:18 , 19


"Ek sal My na julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig;……. die oue sal plek maak vir die nuwe. En Ek sal in jul midde wandel en vir julle 'n God wees, en julle sal vir My 'n volk wees.”

Lev 26:9 - 12