STADSVERANDERING

ons word verander om 'n stad te verander

Dit is baie duidelik dat Hoeksteen een van die belangrikste seisoene van uitdagings en geleenthede is wat tot nou toe in die geskeidenis van die Doxa Deo bediening voorgekom het. Nie slegs omdat dit ‘n sprong van geloof is waarin die Here vertrou moet word op ‘n vlak waarop ons nog nooit beweeg het nie, maar ook omdat hierdie droom vir die stad van Tshwane al hoe meer ‘n openbaring word van God se doel en Sy proses met individue, eerder as net ‘n projek van steen en sement.

 

Hoeksteen het eintlik ‘n spieël geword wat iets openbaar van ons harte terwyl dit ons uitdaag om die Koninkryk te sien en te ervaar as ‘n prioriteit wat ons hoër ag as persoonlike gemak, genot en begeertes. Tans is daar baie wonderlike getuienisse wat vertel van die toewyding, opoffering en oorgawe van Doxa Deo vennote wat reageer op die aanmoediging van die Heilige Gees om gehoorsaam te wees aan dit wat die Here van ons versoek. In baie gevalle is die resultate hiervan verhale van die bo-natuurlike ingryping en voorsiening van die Here.

 

 

Dit het mense se lewens so radikaal en so drasties verander – waar hulle eers gedink het om te beweeg na ‘n plek van opoffering, bevind hulle hulself nou by die ontdekkingsplek van ‘n oes van heerlikheid en oorvloed.

 

Ons begeer dat elke persoon wat betrokke raak in hierdie seisoen van besondere geleenthede en uitdagings om die Koninkryk van die Here te dien, die bonatuurlike ingryping van God in jou lewe sal ervaar! Mag die Here wat die beloner is van geloof en die Een wat Sy Woord gestand doen, die Een wees wat jou sal lei in jou besluit om betrokke te raak op hierdie oomblik in geskiedenis.

 

Ons spreek die seën van die Here uit oor jou op jou pad saam met Hom.

 

Alan en Leana Platt
(In jou diens in God se plan)


“Maar nou, let op wat van vandag af en verder sal gebeur, van die dag waarop die fondamente van die tempel van die Here gelê is.
Let op! …….. maar van nou af sal Ek voorspoed gee!”

Hag 2:18 , 19


"Ek sal My na julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig;……. die oue sal plek maak vir die nuwe. En Ek sal in jul midde wandel en vir julle 'n God wees, en julle sal vir My 'n volk wees.”

Lev 26:9 - 12