KAMPE
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Gung Ho is ‘n Chinese woord vir “saamwerk”. Gung Ho word aangebied by die Veldskoolgronde Somereg naby Delmas. Die kampterrein is ver van luuks af! Hier gaan jy die drie beginsels van Gung Ho goed leer ken naamlik:
1. “The Spirit of the Squirrel” (Gesamentlike doel)
2. “The Way of the Beaver” (Trust)
3. “The Gift of the Goose” (Motivering)
Die kamp gee die student geleentheid om mekaar en homself beter te leer ken en om sy rol in die groter groep te ontdek. Studente leer baie van hulleself en ontwikkel terselfdetyd ook ‘n groot agting vir die uniekheid van almal om hulle!
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Die “Fanie” is ‘n staproete in Mpumalanga wat geleë is tussen Sabie en Graskop. Die roete is ongeveer 56km lank en word oor vier dae gestap, waar die langste dag 17 km is. Hier kom jy regtig weg van die stadslewe af en sien jy van die mooiste natuurskoon in ons land. Die Fanie Botha gaan jou wys waarvan jy gemaak is! Hy gaan jou uithouvermoë toets en gaan sorg dat jy die belangrikheid van jou medestudente, die grootheid van God en die waarde van die mens gaan besef. Stap solank daai skoene van jou in!!!!
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Die hoëtoubane is waagmoedontwikkeling in aksie en hier kry jy die geleentheid om deur die emosionele grense van jou vrese te breek! Hoëtoubane is ‘n oefening wat 14m en selfs hoër in die lug gedoen word. Die hele episode speel homself af in Cullinan op ‘n perde plaas. Die hoëtoubane word gebruik om studente se waagmoedontwikkeling te verbeter en ook om emosionele intellegensie te verbeter in die area van vrese en vertroue. Geen mens ontwikkel binne ‘n gemaksone nie.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Die “BIG DADDY” van die jaar!Anders as die televisie reeks is hierdie Survivor ‘n positiewe spanbou ervaring. Survivor is die plek waar die hele jaar se teorie in aksie omgesit word.Karakter is net karakter as dit getoets word en dit is juis hier waar karakter tot die uiterste getoets word. Survivor word by Watervalboven op ‘n plaas gehou in die hartjie van die winter om die studente uit hulle gemaksone te vat.Daar word verskeie oefeninge gedoen wat die studente challenge om hulle beste te gee vir hulleself en mekaar. Die groot doel van Survivor is om vir die student te leer wie hy is en waartoe hy werklik instaat is. Survivor is nie net ‘n sterk fisiese experience nie, maar ook ‘n geweldige geestelike experience.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Drakensberge is ‘n tyd van geestelike refleksie en om vas te maak wat deur die jaar geleer is. Ons kamp vir ‘n week uit by die Royal National Park in die Drakensberge. Ons gaan stap in die berge en kuier lekker saam mekaar en met die Here. Die kamp is gefokus op die grootheid van God en die belangrikheid van gesonde mense verhoudings.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
En so gou as nou is ons by ons laaste ekskursie van die jaar. Afsluitings kamp!!!!! 10 dae se fun by die see as die hele Metafamilie. Ons bly in 4 vakansie huisie naby die strand en speel en speel en speel tot ons nie meer kan speel nie. Die afsluitings kamp is waar ons die laaste toutjies van die jaar kom vasmaak en vir oulaas lekker saam kuier en vir mekaar begin totsiens sê. Die apsluitings kamp bied ‘n tyd van viering van vriendskap en familiewees. Ons besoek ook Knysna en Robberg by Plettenbergbaai. Die Afsluitings kamp is die plek waar jy agterkom wat die jaar en jou medestudente vir jou beteken het!
![]() |