INLIGTINGS- EN ONDERHOUDDATUMS
Stel jy belang om meer oor Metamorpho uit te vind? Het jy of jou ouers vrae oor die kursus? Weet jy alreeds dat jy wil inskryf vir Metamorpho 2011? Indien jy ja kan antwoord op een of meer van die vrae, is dit ‘n baie goeie idee om een van ons 16 inligtingsessies gedurende die jaar by te woon. By die inligtingsessie wys ons vir jou en/of jou ouers Metamorpho se bemarkings-dvd en een van ons fasiliteerders vertel julle meer oor die verskillende fassette van die kursus. Julle is dan ook welkom om enige vrae wat jul mag hê te vra. Net na hierdie inligtingsessie voer ons onderhoude met diegene wat graag wil inskryf vir die kursus in 2011terwyl die ouers rustig ‘n koffie geniet. Die doel van die onderhoud sal wees dat ons jou wil leer ken. Ons moet oortuig wees dat JY hierdie kursus regtig graag wil doen. Indien jy al ‘n aansoekvorm op ons webwerf, by jou skool of by ‘n Doxa Deo Kampus geneem het, bring dit asseblief so volledig moontlik voltooid saam na jou onderhoud. Daar sal ook aansoekvorms by die inligtingsessie beskikbaar wees. Jy en jou ouers is welkom om eers net te kom vir meer inligting as jy nog nie seker is of jy wil inskryf nie. Bevestig asseblief voor die tyd indien julle op ‘n datum besluit het waarop julle wil inkom vir inligting en/of onderhoude
Wanneer?
Kontak ons asb om ‘n afspraak vir een van die opedae te maak.
Metamorpho Opedae in 2010
Op Vrydae van 14h30 – 17h00 in die by ‘n Doxa Deo kerk naby jou !
12 Maart
16 April
21 Mei
4 Jun
11Jun
30 Jul
27 Aug
10 Sep
17 Sep
23 Sep ( Donderdag wat skole sluit)
1Oct
15 Oct
19 Nov
25 Nov
2 Des

![]() |