Wat is Metamorpho


Wat het jy nodig om meta te kan doen?

In die eerste plek ‘n passie vir die lewe, in die tweede plek nie bang om challenges in jou lewe aan te pak nie en in die derde plek groei jy net buite jou comfort-zone. Meta is ‘n baie intense kursus wat jou persoonlik gaan challenge oor wie jy is, wat jy oor jouself dink, wat die Here oor jou droom en waarheen jy oppad is.

 

Meta is baie intensioneel en purposefull gedesign om jou voorteberei in liggaam, siel en gees, vir die lewe wat op jou wag. Hierdie journey waarop jy jouself gaan bevind begin met die Here en eindig met die Here, Hy is die begin en voleinder van ons geloof. Jy gaan gekonfronteer word met jou swakpunte en gechallenge word op jou sterkpunte. Jy sal oop met jou lewe moet lewe teenoor die leierskap en jou mede-studente. Jy sal heelwat leeswerk en navorsing moet doen en ook aanbiedinge lewer. Dit gaan ‘n action packed en stretching jaar wees wat baie van jou gaan vra.

 

Hierdie is die bestandele wat ons nodig het om onder leiding van die Here transformasie in jou lewe teweeg te bring. Jou veranderde lewe sal die getuienis hiervan wees. Hierdie is slegs enkele gedagtes om jou solank te stimuleer of jy bereid is om hierdie prys te betaal want dit gaan baie van jou kos en ons vra ‘n berekende commitment van jou kant af. Meta is not for the faint at heart. Dit wat jy insit is wat jy uitkry. Dit is ‘n commitment wat jy teenoor die Here maak om God se prosesse in jou lewe toe te laat en Meta is die begin hiervan.

 

By Meta het elke student sy challenges, vir party is dit fisies, vir ander is dit emosioneel en vir almal sal daar geestelike uitdagings wees. By Meta glo ons in die ontwikkeling van die individu binne-in die konteks van die groep en daarom is Meta op spanboubeginsels gebou.



Die spanbousiklus by meta:

1. Kenmekaar fase
2. Konflik fase
3. Bedien mekaar fase
4. Familie fase

 

Die lesings en kampe van Meta is so ontwerp om rondom hierdie spanbousiklus in te pas. By Meta word alles met purpose gedoen en elke kamp dien as ‘n simulasie van beginsels wat jy vorentoe gaan benodig in jou lewe.

 

In die kenmekaarfase begin ons met ons Eerstejaarskamp wat se purpose is om studente aan ‘n persoonlike God bekend te stel, en jou die geleentheid bied om ander studente te ontmoet wat buite die Metaproses is, om jou beleweniswêreld te vergroot. Na die Eerstejaarskamp fokus ons op Christian Basics wat ons ook inlei tot ons eerste eksklusiewe Meta kamp. Gung-ho fokus op spanbou. Elkeen vervul ‘n rol in ‘n span wat jy moet opneem om die span ‘n sukses te maak.

 

Ons tweede fase is die konflik fase en dan fokus ons op Christelike Karakter en die hantering van konflik. Ons gaan stap die Fanie Botha waar jy fisies ge-“stretch” gaan word, buite jou comfort-zone geplaas gaan word en gekonfronteer word op jou karakter. Op ons hoëtoubane getaway word jy uitgedaag op jou waagmoed. Vrees is die ding in ons lewens wat ons die meeste terughou om ons doel te bereik. Na die hoëtoubane fokus ons op potensiaalontwikkeling en beroepsleiding waartydens ons pro's inkry om werkswinkels vir jou te kom aanbied.

 

 

 

Survivor! Maak jouself reg vir 'n grote. Op hierdie kamp word alles beproef wat jy tot dusver by die meta journey geleer het. Jy sal nie dieselfde terugkeer van hierdie kamp as wat jy gegaan het nie. Die survivor kamp is waar ons baie momentum in ons spanbou fase optel en oorbeweeg in wat ons noem die bedien mekaar fase.

 

In die bedien mekaar fase fokus ons op verhoudings op alle areas. Jou verhouding met die Here in A-liga christenskap, verhoudings met jou medemens tydens ons uitreikweek, en verhoudings met girls/ouens en die huwelik. Tydens hierdie fase gaan ons op ons Drakies wat 'n tyd is van refleksie, die fokus is op die verhoudings in ons lewe en wat die Here graag deur jou in ander se lewens wil kom doen.

 

Ons beweeg dan oor in ons familie fase wat ons afsluit met Natures. In hierdie vakansie geniet ons net oulaas mekaar en sluit die jaar ordentlik af. What you do in life echoes in eternity. Wat se legacy wil jy eendag nalaat? Book your ticket!

 

 

META GESKIEDENIS

Meta is in 1998 begin met 16 studente wat hierdie unieke journey meegemaak het. Sedert daardie jaar het Meta al gegroei na ‘n leierskap van 12 wat hierdie proses fasiliteer en ‘n studente getal van 90 studente. Huidiglik vier Meta sy 12 e bestaansjaar en het ons al byna 700 jongmense deur hierdie proses gesit. Jy kan gerus by ons argief ‘n paar briewe gaan lees wat oud meta's geskryf het.

 

 

META SE KEURINGSPROSES

Ons het gewoonlik twee-weekliks op Vrydae tydens die skoolkwartaal inligtingsessies by Doxa Deo se Kampusse. Na die inligtingsessies word daar onmiddelik onderhoude gevoer met die belangstellendes en hulle word dadelik in kennis gestel of dit nodig is vir ‘n opvolg onderhoud en of jy dit gemaak het of nie.
 
Dan al wat jy moet doen om jou kaartjie vir Meta te book is om jou deposito te betaal sodat ons kan sien jy is ernstig om by ons te wees. Tydens ons inligtingsessies kan jy ook gerus ‘n draai maak by ons kommunes om te sien wat die kommunes jou gaan bied. Ons wil graag by die onderhoud weet of jy in die kommune wil bly of nie.
 
As die vrydag sessies jou nie pas nie kan jy ons gerus kontak en ‘n afspraak maak. Kontak ons en laat ons weet as jy ‘n inligtingsessie gaan bywoon sodat ons vir jou voorsiening kan maak.

Datums van Opedae
12 Maart
16 April
21 Mei
4Jun
11Jun
30Jul
27 Aug
10 Sep
17 Sep
23 Sep ( Donderdag wat skole sluit)
1Oct
15 Oct
19 Nov
25 Nov
2 Des

 

WAT WORD VAN MY VERWAG TYDENS META

Ons verwag van elke Meta student om ‘n werk tydens die week te hê wat jou ten minste drie dae van die week gaan besig hou buite klastye OF jy moet ‘n professionele sport beoefen waarvoor jy afrigting ontvang wat nie gym insluit nie OF jy moet ten minste 2 vakke swot. Ons hou nie daarvan as studente leeg lê en niks doen nie.

 

Klastye is maandae, woensdae, donderdae en vrydae vanaf stiptelik 8:00-14:00. Op dinsdae is die klastye vanaf 13:00-17:00 omdat die leierskap in vergaderings betrokke is en sodat studente ‘n geleentheid het om afsprake wat hulle net in die oggende kan maak dan by te woon; soos doktersafsprake en bestuurslisensie afsprake. Die manne is elke woensdae ook besig met sport vanaf 14:30-16:30 wat deur die leierskap gereël word waarby niemand verskoon word nie.

 

Ons klastye is vir ons ongelooflik belangrik en omdat Meta ‘n proses is kan ons nie toelaat dat studente enige klas mis nie. Dit sit die student terug op die proses. Studente wat Meta nie klaarmaak nie kan dus nie sê dat hy ‘n Meta gedoen het nie want hy het nie ‘n idee wat Meta behels totdat hy/sy die proses voltooi het nie. Dit is ‘n geïntegreerde proses wat die een op die ander een volg.

 

Vakansietye stem ooreen met Gauteng se skoolvakansies. Ons vra die ouers se samewerking om nie studente tydens die kwartaal te onttrek nie aangesien ons kampe en klasse ongelooflik belangrik is vir ons proses en dit die proses belemmer. Ons kampe by Metamorpho is non-negotiatable en die kampe val altyd tydens die skoolkwartaal. Die datums van al ons ouerdae en kampe/ekskursies word deurgegee in ons keuringspakket of aan die begin van die jaar.

 

 

 

BOOK

 

YOUR

 

TICKET