Welkom by Doxa Deo Langeberg Kampus

Die Langeberg Kampus geleë in Steenbokstraat, Durbanville is ‘n opwindende omgewing waar mense van alle ouderdomme kan inskakel om te deel in die Doxa Deo droom om Kaapstad, een van die strategiese stede in die wêreld, te beinvloed en te sien verander na ‘n plek waar God regeer. Hierdie kampus is beslis een van die rolspelers wat in samewerking met ander gemeentes in die stad sal ondervind hoe die Here transformasie bewerkstellig om uiteindelik daartoe te lei dat alle inwoners sal weet en erken dat Jesus Christus die Here is.

‘n Passie vir God en vir mense word weerspieël in al die aktiwiteite en geleenthede wat uitsluitlik ten doel stel om individue se potensiaal te ontwikkel sodat elkeen hulle talente en gawes gebruik en tydelike nood van mense aan te spreek. Ons sien altyd daarna uit om mense wat graag hierdie droom met ons wil deel te verwelkom as vennote.

Ons sal dus graag van jou wil hoor.

Nuwe Feesdienstyd!
Vanaf Sondag 2 Mei gaan ons slegs 1 oggendfeesdiens om 9h00 hê. 
Aandfeesdienste bly onveranderd 18h30.

Fietsryklub

Indien jy belangstel om deel te word van hierdie klub kontak gerus vir Johann Coetzee by 083 235 5200.


Wêreldstede

Ons glo dat Doxa Deo sinvolle betrokkenheid sal opneem in 12 strategiese stede.

Kaapstad is egter ons primêre verantwoordelikheid en ons wil sien dat God geëer word in al die sfere van die samelewing: Regering, sakewêreld, sport, die kunste, die media, die kerk, sosiale opheffing en opvoedkunde.

Verder is ons ook betrokke by projekte in Afrika en in die Ukraine .




Steenbokstraat , Langeberg Ridge, Durbanville
Posadres: Posbus 547, Cape Gate, 7562.

Tel: +2721 9871275 | Fax: +2721 9871278
E-mail: lk@doxadeo.co.za
Kantoorure: Ma – Vry 08:00 – 16:30

Feesdienstye: Sondae Oggendfeesdienste:
09:00
Aandfeesdiens:
18:30