KLANK & TEGNIES:
Klankspanne behartig op roosterbasis feesdienste en ander geleenthede. Oefentye is saam met Aanbiddingspan op Donderdae 18:45 – 21:15.
MULTIMEDIA:
Multimedia spanne behartig alle visuele kommunikasie tydens feesdienste en ander geleenthede op roosterbasis. Voorbereiding en oefentye is saam met Aanbiddingspan op Donderdae 18:45 – 21:15.
VIDEO:
Alle feesdienste word op opgeneem en geredigeer en dan in DVD formaat verkoop by die Infotoonbank. Videospanne help met die opneem en redigering van feesdienste en “events”. Geen vorige ondervinding nodig nie, opleiding word aangebied by die kampus.
DANS:
Dans in ‘n integrale deel van die kultuur van ons Aanbidding. Die Dansbedieningspan bedien gereeld saam met die Aanbiddingspan. Oefentye word gereel soos nodig onder die dansspan self.
   
PRODUKSIES:
Produksies word twee tot drie maal ‘n jaar gedoen waar al die verskillende kreatiewe bedieninge saam span om ‘n groter tipe produksie aanmekaar te sit. Die mees onlangse produksie het plaasgevind in Maart 2009 met die titel: “Wat maak jy nog daar buite?” DVD bestellings kan by die Kampuskantoor gedoen word. 041 360 8941 of martieg@doxadeo.co.za
   
KREATIEWE DIENSBEPLANNING:
Vier weke voor elke nuwe preekreeks kom al die kreatiewe bedieninge bymekaar om te beplan aan kreatiewe maniere hoe om God se Woord effektief te kommunikeer. Hos. 12:10. God wil die bediening van Kunstenaars gebruik as ‘n profetiese stem om ‘n appel op die lewens van mense te maak.
Doxa Deo Port Elizabeth nooi jou uit om nie stil te sit nie, maar jou gawes wat God jou gegee het, te gebruik om Sy Woord bekend te maak. Kom raak betrokke in bg. areas. Vir verdere besonderhede kontak asb. Nagel Myburgh by 041 360 8941 / nagel@doxadeo.co.za
|