WAT IS 'N KLEINGROEP?
In Doxa Deo Brooklyn kampus kom mense weekliks in huise regoor ons stad in kliengroepe byeen.
Die Here het die mens geskape om in verhoudigs te leef. Ons het mekaar nodig.
Hebreers 10:25 herinner ons “not to give up meeting together”, maar om steeds bymekaar te kom en “to spur one anoter on towards love and bood deeds.”
Jesus het ook beloof dat waar twee of drie byeenkom in Sy Naam, Hy in hulle midde sal wees.
Hierdie belofte vind heerlike vervuling in ons kliengroep lewe.
Kom leef jou lewe saam met ons.
WANNEER EN HOE GEBEUR DIT?
Weekliks ontmoet klein groepies in huise regoor die Stad om met ander kontak te maak, vriende te ontmoet en mekaar aan te moedig in Christus. Kleingroepe word gewoonlik in klein informele byeenkomste in huise regoor Pretoria gehou, waar saamgebid, God se Woord bestudeer word en waar jy leer hoe om Bybelse beginsels in jou lewe toe te pas. Dit bied ‘n warm en vriendelike omgewing waar ware en ondersteunende vriende blom.
Kleingroepe is ‘n plek van versorging en uitreiking. Die fokus van kleingroepe is om verhouding te bou, passie te deel en so gesamentlik ons lewens te gee vir die verandering van hierdie stad na ‘n plek waar Christus regeer.
Deur by ‘n kleingroep naby jou betrokke te raak, raak jy ook integraal deel van Doxa Deo Brooklyn Kampus. Daar is ‘n kleingroep wat net reg is vir jou - ‘n plek waar egte vriendskappe in ‘n veilige omgewing kan ontwikkel. ‘n Plek van aanmoediging en die groei van wysheid vir die lewe - van mekaar en God se Woord. So ontdek jy jou “destiny” en die Here se plan vir jou lewe!
HOE SKAKEL EK IN BY 'N KLEINGROEP?
As jy graag wil inskakel by ‘n Kleingroep in Brooklyn Kampus is daar verskillende maniere:
-
Vir enige navrae ,kontak: Louis Fourie 0721927625.
-
Kom skakel in by ons Kleingroep bord agter in die saal.
Verskaf ons met al jou relevante besonderhede en 'n kleingroep leier sal jou skakel.
WAT BETEKEN DIT OM 'N KLEINGROEP LEIER TE WEES?
Kleingroep leiers is mense wat in ‘n persoonlike en groeiende verhouding staan met Jesus Christus, herken dat die Bybel die enigste outoriteit is vir hulle lewens. Hulle het ook ondervinding in die lei van groepe mense in hulle huis en is vennote van Doxa Deo Brooklyn kampus wat ook die tyd, emosionele kapasiteit en morele onderskeiding het om 'n groep te lei.
Die verwagting van 'n Kleingroep leier is om 'n goepe mense in hulle huis te fasiliteer en dan te help om hulle geestelike gesondheid te monitor en om deelname te promifeer tussen kleingroep lede.
Kleingroep leiers opleiding word gereeld aangebied vir almal wat belangstel om 'n groep te lei. As jy geintereseerd is om so ‘n opleiding by te woon skakel gerus die kerk kantoor vir meer inligting.
WATTER TIPE KLEINGROEPE HET ONS?
Sel Groepe: Gesinne, Jong Getroudes, Enkellopendes en Seniors.
Mense wat weekliks in huise bemekaar kom, saam bid, mekaar versterk, versorg en omsien na mekaar. Waar geestelike groei bevorder word, gelowiges toe-gerus word en gemobiliseer word om uit te reik en as leiers opgewek te word om die kerk te dien.
Belange Groepe
Mense wat saam groepeer volgens belange en kultuur. Bv. Sotho, sakelui, Scuba Duik, Jag ens.
Ondersteuning Groepe
Mense wat deur krises is, soos egskeidings, verslawings en trauma kom gereeld bymekaar en ondersteun mekaar geestelik en versorg om sodoende 'n verdere impak om mekaar se lewens te hê.
Bedienings Groepe
Vennote wat in een of ander bediening betrokke is soos gevangenis bediening, hospitaal bedieninge wat gereeld bymekaar kom en mekaar geestelik ondersteun en versorg.
Dissipelskap Groepe
Mense wat pas tot bekering gekom het, kom weekliks bymekaar en word geestelik ondersteun en begelei tot op 'n plek van geestelike volwassenheid in die Here. Hier word hulle aangemoedig en gemobiliseer om effektief getuienis kan uitleef.
|