Genesis is die Studente bediening van Doxa Deo Brooklyn Kampus. Vir meer inligting oor wie Doxa Deo is, kliek hier ...

Genesis is nie sy eie kerk nie maar vorm integraal deel van die Doxa Deo visie en droom. Ons wil jou graag begelei in 'n journey waar jy nie net toegerus sal wees om 'n student te wees nie, maar ook om 'n impak te maak in jou lewe nadat jy afgestudeer het.

 

 

Wat gebeur by Genesis?
TUKS Kampus ,Genesis Celebration, Kampe, Kleingroepe, Uitreike, Gebed, Kursusse

TUKS Kampus
Ons droom by Genesis om te sien hoe God op TUKS kampus regeer! Daarom skep ons vir jou die geleentheid om betrokke te raak by Tukkies! Tans is ons in die proses om ‘n Doxa Deo Genesis vereniging te stig op kampus waarby jy kan betrokke raak om TUKS te kom impakteer en om kampuslewe te ervaar!!

Genesis Celebration
Elke Woensdagaand is daar 'n Genesis Celebration om 19:00 in die ouditorium. Dit is 'n geleentheid om so bietjie af te vat van die swottings en ons te kom join vir 'n tyd van worship en lekker kuier saam met ander studente! Die is ook die ideale geleentheid vir jou om by Genesis in te skakel!

Kampe

Eerstejaarskamp 2010

Eerstejaarskamp is verby en dit was ‘n ongelooflike kamp. Dis lekker om te sien hoe die Here werk en hoe studente ernstig raak oor die Here!!
Sorg dat jy nie volgende jaar se Eerstejaarskamp(Afskopkamp) mis nie!!! Onthou Sefanja hou jou dop!!! Inligting sal binnekort volg op www.eerstejaarskamp.co.za

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player



Hou die spasie dop vir kampe in 2010!!!

Uitreike
Pretoria: Ons het verskillende uitreike in en rondom Pretoria . Vir meer info kontak Martin by 082 929 9592 of stuur ‘n epos aan martinve@doxadeo.co.za . Vir meer info stuur 'n e-pos aan johannb@doxadeo.co.za .

Gebed
Kom join ons Sondae 18h30 in die tent om saam te bid.

Kleingroepe
Daar is elke Woensdag aand om 19:00, in die Brooklyn Kampus Ouditorium, ‘n geleentheid waar jy as student kan inskakel in ‘n selgroep.

Jy kan ons ook e-pos by genesis@doxadeo.co.za met al jou inligting (naam, tel nr, waar jy bly, ens.) wat jou behoeftes is en wanneer jy 'n kleingroep kan mee maak en ons sal so gou moontlik met jou kontak maak.

Kursusse
Love, Sex and Lasting Relationships is ‘n 5 weke kursus wat jou riglyne gee oor hoe om Christo-sentriese verhoudings te hê. GPS Godly Positioning System is ‘n kursus wat jou help om te verstaan hoekom jy dink soos jy dink en glo wat jy glo, en wat die gevolge van jou geloof is.

Discovery
Discovery is ‘n kursus waar ons as jong manne ‘n journey gaan aanpak om God te soek in ons soeke na manwees. Die kursus bestaan uit die volgende:

In the Word of God we will see that it is the man's task to take up the following responsibilities simply because God designed them that way: To be a visionary, to be a leader, to be a provider, to be a protector, to be a teacher, to be a cultivator, to be a father, to be sexually pure and holy, to enjoy God's presence, to stand in relationship with God and the people around you, to fear God and live in reverend obedience towards Him.

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

Physical part of the course : Weekend away training camp, four day extreme hike in the Drakensberg, prayer and fasting weekend with the focus on experiencing God's presence. Understanding of finances (setting up a budget for yourself), eating habits, a three-month endurance base-training program where a the end of the course each of the students finish with either an Adventure race or 21 km or 42 km or a tri-athlon or a cycling race.

Mosambiek Uitreik 2010
Kom reik saam ons uit na Mosambiek tydens die Junie/Julie vakansie. Jy het nie nodig om by die huis te sit omdat dit World Cup is nie!!!!!
Ons gaan na Macia toe sowat 700km van Pretoria waar ons 5 dae op ‘n sendingstasie gaan wees waar ons gaan help met opgradering van geboue en algemene hulp by die sendingstasie en ook uitreike na gemeenskappe rondom die sendingstasie.
Ons gaan ook 3 dae by Bilene se meer spandeer sowat 30km van die sendingstasie af om te reflekteer oor die uitreik en om bietjie evangelisasie onder die toeriste te doen.
Skryf nou in by Brooklyn kampus daar is slegs 40 plekke!!!!
Datum : 28 Junie – 4 Julie
Kontak Martin vir meer inligting by 012 362 1396 of martinve@doxadeo.co.za

Vir enige verdere vrae, e-mail ons by genesis@doxadeo.co.za
 

 


Algemene Navrae: genesis@doxadeo.co.za
Genesis pastoor: Martin van Eeden martinve@doxadeo.co.za
Of kontak ons kantoor by: 012 362 1396
 
Facebook: Doxa Deo Genesis fanpage
Twitter: http://twitter.com/doxadeogenesis

 

Hoe join ek Genesis?

By Doxa Deo praat ons nie van lidmate nie, ons gebruik die term “Vennote”. Die rede hiervoor is dat ons nie net nog name op 'n lys wil voeg nie, maar ons sien ons vennote as medewerkers wat deel uitmaak van God se droom vir die stad. As jy graag 'n vennoot wil word, stuur 'n e-pos aan genesis@doxadeo.co.za

Om 'n kleingroep te join. (kliek hier)
 

 

Kliek hier om die InLig te lees


“ Belgiese verassing ”
“Ag nee wat, kerk is nie vir my nie!” is so baie van ons vriende se woorde wat nooit hulle voete in die kerk sit nie! Dit help nie eers dat jy hulle probeer uitnooi nie. Verlede jaar het ons begin met Maloney's aande. 'n Veilige omgewing waarheen jy jou kerkvervreemde vriende kan nooi om met hulle 'n pad te begin stap. Deur hierdie proses het daar 'n paar vriendskapsevangelisasie verhoudings onstaan, binne en buite Maloney's.

In Februarie het Beanca 'n Belgiese uitruilstudentvriend kerk toe genooi. Dries was nog nooit in 'n kerk nie. Sy eerste diens was vir hom baie vreemd gewees en Beaca het gedink dat hy nooit weer sal wil kom nie, maar Dries se woorde aan haar was: “Dit was baie weird, tog ek het iets beleef en ek soek meer …”

Beanca het besluit om saam met Dries 'n journey aan te pak. Tussen 'n paar kuiers deur en die Bergbid in Mei het Dries sy hart en lewe vir Jesus gegee, vinniger as wat ons ooit sou dink. Dries se hele lewe is verander deur mense wat bereid was om saam met hom 'n pad te begin stap. Ons droom is om al hoe meer sulke stories te hoor. Dries is terug in België en ons kannie wag om te hoor van die lewens wat hy op sy beurt gaan inpakteer nie.

Indien jy ‘n getuienis of ‘n artikel wil skryf, kontak ons gerus by genesis@doxadeo.co.za .

 

 

www.marshill.org Rob Bell se kerk
www.cokesbury.com Koop boeke goedkoop
www.followtherabbi.com Volg Jesus beter