
Join ons Vrydae by Stoeisaal by Menlyn Virgin Active vir ons
FUSION BASH van 19:00-22:00
Moet dit nie misloop nie!
Fusion is 'n great plek waar tieners groei in hulle verhouding met die Here en daar word weekliks nuwe vriendskappe gesmee. Fusion is slegs vir tieners en daar is gedurende die kwartaal Vrydae aande 'n TIENERBASH waar ons 'n great band het, awsome vibe en relevante onderwerpe met betrekking tot ons tieners word bespreek. Hier groei ons saam! Jy kan enige tyd jou vriende of vriendinne Tienerbash toe nooi, dis great fun. Die Tienerbash vind plaas in die stoeisaal by Menlyn Virgin Active van 19:00- 22:00.
Fusion het ook kleingroepe wat Dinsdae aande By Doxa Deo Brooklyn is. Almal, ouens en girls kom 19:00 bymekaar in die Lounge en kuier, speel fooseball en air hockey. Daarna breek die ouens en die girls apart op in kleingroepe waar ons Woordwys word en regtig meer van God en mekaar leer. Dit eindig 21:00. Hoop om jou daar te sien.
Elke Woensdag is daar van 18:00-20:00 by Doxa Deo Fusion band oefening. Dit is vir beginners tot pro's. Dit is een van die opwindendste bediennings in Fusion en almal is welkom om die 18 band ouens en girls te join.
Daar gebeur soveel goed gedurende die week soos touchies, dans, jy kan ons creative team join.
Vir meer inligting kontak Etienne Trollope gerus by 083 4266969 of 012 3621396.