Welkom by die Doxa
Deo Middestad Kampus
Doxa Deo ICC, soos dit alom bekend
stand, is in die jaar 2000 geplant as deel van ‘n
uitreikgeleentheid na die inwoners van die middestad
gebied van Pretoria. ‘n Veeldoelige gebou gelee
in Visagiestraat is aangekoop en huisves tans die
groot ouditorium asook kantore, kinderkerk- en jeugfasiliteite.
Feesdienste en alle ander aktiwiteite word in Engels
aangebied aangesien die kampus vennote vanuit ‘n
verskeidenhed van kulturele agtergronde afkomstig
is. Baie studente wat ingeskryf is by die tersiere
instellings en ook talle besigheidsmense van alle
vlakke van die samelewing sluit aan by die inwoners
van hierdie dig bevolkte area in die middestad as
‘n ware getuienis van die transformerende krag
van die Here. Die verskeidenhed strek selfs verder
as die grense van ons land wat immigrante vanoor die
hele Afrika is ge-integreer in hierdie “reenboog
nasie” familie in Christus. Die lof en aanbidding
is tipies Afrika en weerspieel die lewende en ekspressiewe
aard van ons mense.
Die vinnig groeiende getal kleingroepe
bied aan mense die geleentheid om versorg te voel
in ‘n bedrywige en tog soms eensame deel van
Tshwane.
Jy word vriendelik uitgenooi om by
hierdie unieke bediening aan te sluit vir die ondervinding
van jou lewe.
Hierdie
blad is tans net beskikbaar in Engels