Kleingroep


Het jy al gehoor dat iemand sê:"
Ek wens ons was in die dae van die vroeë kerk” Die vraag is wat was dit wat die vroeë kerk so anders gemaak het? Nadat Petrus sy boodskap gegee het in Handelinge 2, het duisende mense tot bekering gekom en daarna hulself toegewy aan die lering van die apostels; gemeenskap met mekaar en die breek van brood in hulle huise. Die gevolg daarvan is dat daar wonderwerke plaasgevind het, die gelowiges was saamgebind in hulle eenheid met mekaar en daar was nie onderskeid tussen die mense nie. Die resultaat hiervan was dat die Here daagliks tot hulle getalle bygevoeg het. Hierdie is die tipe transformasie wat kan plaasvind wanneer die kerk in 'n gemeenskap van gelowiges gesmee word wat aan mekaar verbind word deur kleingroepe. Kleingroepe is een van die basiese boustene waarop die Here die vroeë kerk gebou het en bly vandag steeds net so belangrik. Ons sien in Noord Kampus uit na 'n nuwe seisoen wat ons kleingroepe betref en daarom wil ek jou nooi om dit baie ernstig te oorweeg om deel te word van een van ons kleingroepe in die kampus. Ons vertrou die Here dat ons kleingroepe plekke van “Life transformation & life connection” sal wees. Kontak ons gerus as jy belangstel om deel te word van 'n kleingroep in jou area.

Kliek hier vir 'n lys van arealeiers. Die arealeier sal jou na 'n selgroep in jou area kan verwys.

Tuisblad






tshwane cape town pe durban london