Hoekom moet ek kleingroep bywoon?
Kerklewe is meer as net feesdienste. Dit gaan oor verhouding bou en verantwoordbaarheid. Kleingroepe is ‘n “great” manier om te “connect” met ander mense en om aan 'n ondersteunende omgewing te behoort waar jy God se liefde deur mense kan beleef.
Wanneer en hoe gebeur dit?
Weekliks ontmoet klein groepies in huise regoor die Stad om met ander kontak te maak, vriende te ontmoet en mekaar aan te moedig in Christus. Kleingroepe word gewoonlik in klein informele byeenkomste in huise regoor Pretoria gehou, waar saamgebid, God se Woord bestudeer word en waar jy leer hoe om Bybelse beginsels in jou lewe toe te pas. Dit bied ‘n warm en vriendelike omgewing waar ware en ondersteunende vriende blom.
Kleingroepe is ‘n plek van versorging en uitreiking. Die fokus van kleingroepe is om verhouding te bou, passie te deel en so gesamentlik ons lewens te gee vir die verandering van hierdie stad na ‘n plek waar Christus regeer.
Deur by ‘n kleingroep naby jou betrokke te raak, raak jy ook integraal deel van Doxa Deo Oos Kampus. Daar is ‘n kleingroep wat net reg is vir jou - ‘n plek waar egte vriendskappe in ‘n veilige omgewing kan ontwikkel. ‘n Plek van aanmoediging en die groei van wysheid vir die lewe - van mekaar en God se Woord. So ontdek jy jou “destiny” en die Here se plan vir jou lewe!
Ek stel belang. Wat doen ek nou?
Om by 'n kleingroep in te skakel, kontak :
Johann Cloete – 084 015 4515
|