Sakelui


In Oos Kampus plaas ons ‘n baie hoë premie op die ondersteuning aan die sakelui in ons stad. Die bediening aan ons sakemense het ten doel om ondersteuning te bied op sekulêre en veral geestelike gebied. Ons wil ‘n kultuur van integriteit onder al ons sakelui bevorder. Met die verspreiding van ‘n besigheidsgids moedig ons ook ons mense aan om Christen sakeondernemings te ondersteun.

Ons bied ‘n aantal sake ontbyte aan gedurende die jaar asook die suksesvolle Crown Finansiele kursus aan wat mense inbind in die Bybelse beginsels van finansiële bestuur. Sakemense kom ook gereeld weekliks in kleiner groepies bymekaar vir geestelike ondersteuning en inspraak.

Navrae kan gerig word aan Alan Sutton by 083 400 1260 of (012) 991 3883.

Tuisblad






tshwane cape town pe durban london