Jeugdigheid het sy eie skoonheid en voordeel, geluk en admirasie. So ook middeljarigheid. Feitlik elke fase van jou lewe is mooi. Wat ookal jou ouderdom nou is, is perfek vir jou – die perfekte ouderdom om oor trots te wees. Jy, as senior, word gerespekteer vir beide jou kennis en wysheid. Soos wat die wyse (oue) Salomo gesê het: “Fisika krag is die jongman se trots, maar 'n gryskop is sy kennis van die lewe.” - Speuke 20:29 (Die Boodskap) .

Die seniors by Oos Kampus is van ons getroue en lojale steunpilare. Hulle geniet hul lewens en haal die mooi uit die lewe. Die seniorleierskap poog om na elke senior in die gemeente se fisiese en geestelike welstand om te sien. Kleingroepies, maandelikse byeenkomste, uitstappies en uitreike is maniere om mekaar met 'n geestelike strekking te bedien. Maak kontak en voel hoe jy deel word van en impak maak op 'n gemeenskap van mense... in jou ouderdom!

Senior kleingroepe is 'n uitstekende geleentheid om met ander seniors kontak te maak. Kliek hier vir informasie oor kleingroepe.

Kontak: Johan Smith by 082 293 3306 of die bedieningskantoor .



Tuisblad






tshwane cape town pe durban london