“Do not let anyone look down on you because you are young, but be an example to the believers in speech, in life, in love, in faith, and in purity.”
1 Timothy 4:12

WIE IS ONS?

Fusion = the conversion of elements that when fused together results in an explosion of life and power. Ons glo dat jou lewe al van jongs af ‘n voorbeeld vir ander gelowiges kan wees.

By Fusion wil ons nie net relevant wees nie, maar ons wil 'n nuwe kultuur skep wat so aantreklik is dat ander ons voorbeeld in dit wil volg. By Oos Kampus droom Fusion om ‘n community te wees wat Jesus passievol volg vir ‘n beter wêreld nou.

JESUS PASSIEVOL VOLG. Jesus is die middelpunt waarom ons lewens draai. Ons fokus nie net op Jesus se geboorte, dood en opstanding nie, maar ook die voorbeeld van hoe Hy die lewe geleef het. Jesus het ‘ n lewe van integriteit kom modeleer. Sy manier van lewe is vir ons die weg, die waarheid en die lewe. Dit is ook dan die Surrender gedeelte van die Doxa Deo Missie .

COMMUNITY. Ons wil graag ‘ n oop gemeenskap wees waar almal welkom is en elke tiener homself/haarself kan wees. ‘n Passie vir mense gereflekteer in ‘n lewe van dienswerk, waar ons saam omgee, liefhê, huil en die lewe met mekaar deel. Dit is ook dan die Serve gedeelte van die Doxa Deo Missie .

VIR ‘ N BETER WÊRELD NOU. Ons leef nie net vir die Hemel eendag nie. Ons wil die wêreld rondom ons nou al ‘ n beter plek maak en God se geregtigheid nou sien gebeur, deur ons, hier op aarde. Ons wil Jesus sien regeer in alle tieners se lewens. Dit is ook dan die Subdue gedeelte van die Doxa Deo Missie .

WAT DOEN ONS?
Daar is verskeie geleenthede waar jy ons kan join:

Fusion Groot Groep Byeenkoms
Wanneer: 
Sondagaande van 18:00-20:00    
Waar: Klubhuis, Doxa Deo Oos Kampus
Wat: Lekker kuier saam met vriende wat Jesus grootmaak in hul eie lewens deur sang (ons band rock!), dan ?n preek wat jou lewe sal verander. Daarna kuier ons by Woodlands se Mugg & Bean.

Fusion Klein Groep Byeenkoms
Wanneer:
Woensdagaande van 19:00-20:30           
Waar: Klubhuis, Doxa Deo Oos Kampus
Wat: Lekker kuier in ouderdomsgroepe waar ons deur sewe checkpoints vir die lewe gaan. As jy van Graad 8-12 deur dit gegaan het, is jy gerat vir die lewe.

Oos Kampus Kamp
Wanneer:
11-13 Mei 2007
Wie: Almal is welkom op hierdie kamp.

Mosambiek Uitreik
Wanneer:
2-13 Julie
Wie: Daar is net plek vir 25 mense op hierdie toer, so spring gou!

Fietstoer t.b.v. Hoeksteen
Wanneer: 9-12 Augustus
Wie: Drie groepe mense kan op hierdie toer gaan:
- Fietsryers ... en voertuig!
- Support team. Kos, verblyf, medies en tente ens.
- Ministry team. Die span bedien d.m.v drama en musiek by die verskillende kampusse.

Dan is daar ons baie ander dinge wat ook gebeur deur die jaar: Soos uitreike, socials en saam bid in die berge.
Ons sal jou graag wil begelei op jou journey saam met Jesus en sien dat Hy middelpunt en regeerder in jou lewe word.

RAAK BETROKKE BY...
Die Band -
Ons band rock en voel passievol oor musiek. Ons ondersoek maniere hoe om nader aan God deur musiek te beweeg. Ons kom weekliks vir oefening bymekaar en om tye saam te spandeer as vriende. Om deel te word van ons band, of as jy meer wil weet, kotak vir Sean by 083 943 949.
Uitreike - Ons het verskeie uitreike deur die loop van die jaar. Vir ons is dit belangrik om ?n verskil te maak in Pretoria en een van die maniere waarop ons dit doen is met uitreike.
Socials - Tye waar ons lekker saam kuier en waar ons vriende kan nooi wat nog nie so gemaklik met Christenskap is nie. Selfs in ons fun tye saam wil ons Jesus refelekteer en hoop om op die manier ons vriende te beïnvloed.

KONTAK ONS!
Fusion Pastor
Dewaldt de Kock - 082 416 6352

Fusion Leiers
Sean Freimond - 083 943 9496
Jacques Nel - 083 554 2079


Tuisblad






tshwane cape town pe durban london