Welkom by ‘n familie vol kreatiewe mense! Midstream Kampus Aanbidding is nie net ‘n ‘band' of ‘n bondel musikante en sangers nie. Ons is ‘n familie. Die vermoeëns wat God ons gegee het gebruik ons op verskeie maniere om Sy Naam groot te maak. Ons doelwit is om God se hart aan mense te kommunikeer en ook om mense te help om hulle harte aan God te kommunikeer.

As jy wil deel raak van hierdie familie kontak

Jaques van Wyk gerus by 084 819 5354.

Jaques van Wyk
Aanbiddingsleier / Kunste

jaques@doxadeo.co.za

 

Worship Expressions

 



Midstream Kampus Drama Span.

Ons is so opgewonde dat ons uiteindelik hierdie span kan begin, en ons het groot drome vir hierdie bediening.

Daar is verskeie maniere waarop jy betrokke kan raak, en as jy graag meer sou wou weet, kontak gerus vir Elaine Fick by 082 354 2192

 


Hierdie is ‘n kreatiewe bedieningsgeleentheid binne Midstream Kampus. Die dekorspan gebruik ‘n verskeidenheid van hulpmiddelle om die tema van ons feesdienste uit te beeld. Met die kunstige gebruik van blomme, bome, materiaal, klippe, skilderye en selfs sand word ‘n atmosfeer geskep wat kerkgangers en vennote ondersteun in die voorbereiding vir die feesdiens. By die bedeining van die nagmaal word ons vele kere kreatief herrinner aan die kruis waaraan Jesus gesterf het vir ons sondes. Met spesiale feesdienste word die tema oral herhaal in die ouditorium – die boom van die lewe word met groen en helderheid uitgebeeld, terwyl die boom van die dood strak en gestroop van enige teken van lewe uitgestal word. Indien jy by hierdie bediening betrokke wil raak, kontak
Beana by 084 473 2863.

Het jy al ooit gewonder wat alles op ‘n Sondag “agter die skerms” gebeur? Veronderstel nou daardie goed gebeur nie; die ouditorium is donker, daar is geen woorde of beeld op die skerms nie en jy kan nie die Aanbiddingspan of die prediker hoor nie want…. daar is niemand wat ligte, multi-media en klank doen nie. Hier is vir jou ‘n geleentheid om by hierdie bedieninge betrokke te raak en so deel te word van die span wat ‘n Sondag feesdiens se sukses verseker. Jy hoef geen tegniese opleiding te he nie, net ‘n hart om
te dien.


Kontak die volgende persone om betrokke te raak: Klank – Wimpie Pieterse by 083 473 6807, Multimedia – John Cousins by 082 809 5985 en vir Beligting – Johan Roets by
074 624 1280.


 





 

tshwane cape town pe durban london