Kleingroepe

Een van die hoofkenmerke van ‘n kleingroep is om vir jou ‘n plek te voorsien waar jy kan behoort, ‘n geleentheid vir gemeenskap met ander mense. Verder is dit ook vir ons belangrik dat, te midde van lekker sosiale interaksie, ‘n selgroep ‘n instrument sal wees waardeur ons ‘n verskil aan die geestelike klimaat van ons omgewing sal maak en daardeur ‘n stad verander sien.

Ons sien groeplewe meer as net ‘n byeenkoms. Kleingroepe is ‘n geleentheid waar ‘n verhoudingsdinamiek aangemoedig word wat verder as net ‘n gewone byeenskoms strek. Vrienskap, omgee en missie gebeur tussen en - nie net – tydens byeenkomste.

Deur groeplewe kry mense die geleentheid om waarheid met lewe te verbind. Dit is waar inhoud gebaseerde besprekings vir praktiese lewe plek maak.

Groepstruktuur
‘n Kleingroep is ‘n plek waar mense hulle verbind tot ‘n groep van vier tot twaalf mense wat met ‘n gemeenskaplike doel op ‘n gereelde basis bymekaar kom en wat deur ‘n geïdentifiseerde leier gelei word. Die doel van die leier is om doelbewus ‘n omgewing te skep wat sal lei tot gemeenskap en geestelike groei. Dit dien as basis waarbinne mense effektief bedien en versorg word en waardeur mense in effektiewe bediening betrokke kan raak.

SELGROEPE

Selgroepe is een van die tipes kleingroepe waarby mense betrokke kan raak. Met enkele uitsoderings vind selgroepe hoofsaaklik gedurende die week op Woensdag-aande plaas en kan mense op grond van voorkeur en gesinstruktuur daarby betrokke raak.

(Let op verandering van parragraaf volgorde!!)

Ons selgroepe

(Sien verandering hier.)

  • Vroue selgroepe.
  • Jong getroudes
  • Getroude pare met babas en peuters
  • Getroude pare met laerskool kinders
  • Getroude pare en enkelpersone gemiddeld 30 jaar en ouer
  • Enkelpersone gemiddeld 40 jaar en jonger.
Enkelpersone gemiddeld 40 jaar en ouer.

Ander groepe

• Belangegroepe
Mense kom bymekaar op grond van eiesoortige belangstellings, beroepe, ouderdom ensovoorts.

•  Bedieningsgroepe
Hierdie groepe word gevorm op grond van verskillende bedieningsgroepe wat op ‘n gereelde basis bymekaarkom.
(Hospitaalbedieningspan, feesdienshelperspan ensovoorts)

•  Dissipelskapgroepe
Mense kom in groepe bymekaar waar hulle in basiese Bybelse waarhede onderrig word. Mense wat pas tot bekering gekom het word aangemoedig om deel van so ‘n groep te word.

•  Uitreikgroepe
Hierdie groepe gaan van tyd tot tyd uit om mense te bedien deur kospakkies, klere ensovoorts uit te deel en dan die geleentheid gebruik om ook die evangelie aan daardie mense te bring.

Wil jy betrokke raak?

Wil jy betrokke raak?
Indien jy by ons kleingroepe betrokke wil raak kan jy gerus met Paul Grobler, Bennie Buys, of Emille Steyn skakel.

 

Paul Grobler
Volwassenes
paulg@doxadeo.co.za


Bennie Buys
Volwassenes
bennie@doxadeo.co.za

Emille Steyn
Jong Volwassenes
emille@doxadeo.co.za

 






tshwane cape town pe durban london