
Manneaande:
Hierdie is ‘n geleenthede wat ons manne en hul vriende nie misloop nie. Die eerste helfte van die aand fokus ons op kuier en om mekaar beter te leer ken. En dan luister ons na ‘n Woord wat handel oor die praktiese sy van man wees. Met al ons manneaande probeer ons om karakter aangeleenthede aan te spreek sodat ons manne in integriteit sal lewe. Met sprekers soos Graham Power, Peter Pollock en vele ander was hierdie aande net nog een groot sukses.
Kleingroepe:
Kleingroepe vir manne.
Die fokus van hierdie geleenthede is om saam met ander manne die Here in ‘n tyd van bediening te beleef. Die manne spandeer tyd om vir mekaar te bid en mekaar te ondersteun. Relevante onderwerpe word ook bespreek.
Die volgende kleingroepe vind huidilik plaas:
• Jules Asher (0833766717)
• Pieter van Rensburg (0825657888)
• Pieter Rossouw (0832543530)
• Hermann Vorster (0828950450)
Manne-wegbreek:
Ons hou van tyd tot tyd ‘n “een-aand-uitslaap” – mannewegbreek. Tydens hierdie geleenthede kry die manne kans om ‘n bietjie om ‘n bosveld vuur te kuier en mekaar beter te leer ken. Ons skep ook voldoende tyd vir persoonlike bediening. Dit vind normaalweg plaas vanaf Vrydag-aand tot Saterdag-oggend 11:00. Die datum van die volgende manne-wegbreek sal later kommunikeer word.
Gebed:
• Gebedsgroepe
“Wat ‘n ondervinding. Hierdie manne het ‘n passie vir God en mense. Van die eerste oomblik wat ek hulle ontmoet het kon ek net myself wees en my uitdagings met hulle deel. Ek het die krag van God beleef terwyl hulle vir my gebid het.” |